Private company
Orania Spaar en Krediet
Orania Spaar en Krediet is a South African cooperative bank.1
Orania Spaar en Krediet (OSK) is 'n koöperatiewe bank in Orania. Die instelling is in 2002 as die Orania Spaar- en Kredietkoöperatief Beperk gestig, maar dra sedert Junie 2011 die naam OSK Koöperatiewe Bank Beperk: toe dit as volwaardige koöperatiewe bank geregistreer is, is besluit om slegs die afkorting te gebruik omdat dié vorm reeds in die volksmond gevestig was. Met 2 158 lede en deposito's van R391,3 miljoen aan die einde van die 2023/24-boekjaar was OSK die grootste van die vyf koöperatiewe banke in Suid-Afrika. Die bank word deur die Omsigtigheidstoesighouer van die Suid-Afrikaanse Reserwebank gereguleer. OSK het toegang tot die nasionale betaalstelsel van Suid-Afrika deur middel van sy rekening by Standard Bank. Kliënte doen betalings na en van hierdie rekening en transaksies word aan rekeninge by OSK op grond van 'n kliëntenommer toegedeel. OSK administreer die plaaslike geldeenheid, die ora, wat deur die Orania Sakekamer uitgereik word en in Kimberley gedruk word. Die ora word teen 'n wisselkoers van 1:1 met die Suid-Afrikaanse rand by OSK verwissel.2 From the af Wikipedia, CC BY-SA 4.0
Last updated Oct 21, 2026.
Sources
The numbers on this page point here. Each one links to the record it came from.
- 1
- 2